Local sportSport

Top-toekennings by Pumas-funksie toegeken

Jongeling, Tiaan Spies is na afloop van die Pumas Amateur-toekenningsaand as die skeidsregter met die beste vordering, aangewys.

Die spogfunksie het onlangs by Mbombela Stadion plaasgevind.

Verskeie trofeë is op die aand oorhandig. Daar is ook melding van spesiale toekennings gemaak.

Barberton Rugbyklub vier vanjaar hul 120ste bestaansjaar terwyl Malelane Rugbyklub ‘n halwe eeu vier.

Daar is ook melding van Hoërskool Nelspruit se Banele Mthenjane en Stephan van der Bank gemaak wat deel van die Suid-Afrikaanse Skolespan was.

Lees ook: NHS se Rhinos trap diep spore by St John’s

Die man met die fluitjie in die hand, Des van Wyk is een van die top-10 skeidsregters wat die beste vordering oor die seisoen getoon het, aangewys. Van Wyk en Alex Jonker deel die trofee vir beste akademiese prestasie.

Laerskool Bergland het erkenning gekry nadat hulle vroeër vanjaar as die Mpumalanga-kampioene aangewys is.

Apie Human (vise-president van Mpumalanga Rugby Unie) en Tiaan Spies.

Curro Nelspruit se afrigters het ook ‘n toekenning ontvang. Curro se o/14-rugbyspan is as die Virsekerbeker-wenners vir mediumskole gekroon.

Nelspruit het die Laeveld Sewes-toernooi as oorwinnaars uit die stryd getree met Ngodwana wat die Mayor’s Reserve-ligatrofee omhoog gehou het.

Toekennings
Mylpale
• Malelane Rugbyklub – 50 jaar
• Barberton Rugbyklub – 120 jaar

Spelerprestasies
• SA Skole – Banele Mthenjane en Stephan van der Bank

Skeidregters
• Beste vordering – Tiaan Spies
• Beste vordering, top 10 – Des van Wyk
• Akademies – Des van Wyk en Alex Jonker

Laerskool
• Mpumalanga grootskole-kampioene – Bergland

Hoërskool
• Virsekerbeker mediumskole – Curro Nelspruit o/14

Klubwenners
• Laeveld-sewes – Nelspruit
• Mayor’s Reserve-liga – Ngodwana.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button