Local sportSport

Fietsryers! Word deel van die Cookie-groep

Plaaslike fietsryers van die Cookie-groep het onlangs 'n diens by die NG Kerk Waterval Boven bygewoon.

Die klub het in 2007 begin toe dr. Brain Robinson ‘n fiets gekoop en mense gesoek het om mee saam te ry. Hy het by ‘n klein groepie vrouens onder leiding van Maria Neto aangesluit en hulle het fietsryvriende geword.

Die vroue het altyd koekies gereël en dit na die fietsryery iewers saam met iets te drinke gaan geniet.

Die groep bestaan vandag uit ongeveer 60 fietsryers wat nog net so entoesiasties soos op dag een is.

Lede gesels voortdurend deur middel van ‘n WhatsApp-groep en nooi mekaar om saam te ry. Jy kan kies waar jy die gemaklikste gaan voel: groep A, B of C (groep A is vir dié wat nog nie so fiks is nie, en C vir die meer ervare fietsryers).

Dit sluit berg- en padfietse in.

Soms word daar sterker gery en ander kere word ‘n rit gereël met die doel om sosiaal te verkeer. Om geld te bespaar, word reis- en akkommodasiekoste in een pot gegooi wanneer daar aan wedrenne op ander dorpe deelgeneem word.

Die Cookie-groep bestaan uit Afrikaans- en Engelssprekende lede met verskillende geloofsoortuigings.

Hierdie was ‘n historiese gebeurtenis vir die groep – dit was die eerste keer dat hulle ‘n kerkdiens saam bygewoon het. Die groot verrassing was om te hoor dat Robinson, een van die stigterslede, in Waterval Boven grootgeword het.

Vir navrae oor die Cookie-groep, of as jy wil saamry, skakel vir Yolandé Jacobs by 079-887-0770.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button