Local sportSport

Kolskoot! Potgieter is die sportman van 2017

Stephan Potgieter is as Suid-Afrikaanse Sport-en-jagfederasie Mpumalanga Laeveld-tak se sportman van die jaar aangewys. 

Potgieter het in 2016 die toekennings vir die hoogste koedoetelling asook die hoogste punt in een bokjag ontvang.

Dié ervare skut is sedert 2005 by SA Sportjag betrokke en is nege jaar deel van die Laeveld-tak.

“Ek is trots om deel van die tak te wees. Dankie aan die bestuurspan vir julle lojaliteit en dan ook aan elke lid. ‘n Spesiale dank aan die bevelvoerder van Regiment Botha-skietbaan, lt.kol. Amos Mbuyazi, vir die gebruik van julle baan,” het die voorsitter Nico Human gesê.

Vroeër vanjaar tydens die nasionale baansportkampioenskappe, wat in Bloemfontein beslis is, het die plaaslike skuts verseker dat alle aandag op dié tak is en die ander provinsies gewys dat hulle ‘n span is waarmee rekening gemaak kan word.

Julian Waters.

Tydens die tak se toekenningsaand, is daar spesiale melding aan Julian Waters gemaak wat by die kampioenskappe skoonskip in die .22-kleingeweer-dissipline gemaak het. Hy het met die hoogste punt van 99,5% in sy dissipline gespog.

Wat Waters se prestasie nog meer besonder maak, is dat hy in die SH2A-klas (skut met een nie-funksionele boonste ledemaat, of wat ernstige probleme ondervind), deelgeneem het. Hy het ook vanjaar vir die eerste keer sy nasionale kleure verwerf.

Stephan Potgieter.

Toekennings
• Sportman van die jaar – Stephan Potgieter
• Baansportkampioene – Pieter Klue en Lynette Clark
• Uitsonderlike prestasie – Julian Waters
• Veteraankampioen – Felix Pohl
• Mees veelsydige baansportlid – Nico Human
• Geweerjagkampioene – Corné Taljaard en Daleen Taljaardt
• Geweerjagkampioen, seuns o/19 – Gerhard Taljaard.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button