Local sportSport

Kayla, Daniël is Whities se sportghoeroes van 2017

Dié jong spelers het hulself goed van hul taak gekwyt.

Laerskool Witrivier het oudergewoonte hulle sportsterre van die jaar by die jaarlikse prysuitdeling aangewys.

Kayla de Villiers is die senior sportdogter van die jaar weens haar veelsydigheid as sportvrou op die baan en veld. Sy is onderskeidelik as die senior speeler van die jaar vir tennis, netbal, atletiek en hokkie aangewys.

Senior sportman van die jaar is aan Daniël van Staden toegestaan vir sy prestasies op die krieketveld as senior speler van die jaar. Micheal Swanepoel wat as junior swemmer van die jaar en junior krieketspeler van die jaar aangewys is, is vanjaar junior sportseun van die jaar.

Lees ook: Foto’s: Laerskool Witrivier skaaktoernooi

Nicky Nel

Die junior sportdogter van die jaar is Tiffany Marschall.

Verder kan Laerskool Witrivier spog met verskeie uitmuntende prestasies wat deur beide junior en senior spelers aangeteken is.

Wikus van Biljon is hierdie jaar se senior tennisspeler van die jaar, asook senior hokkiespeler van die jaar. Berno Venter is aangewys as die mees belowende atleet vir landloop, terwyl Nicky Nel die beste prestasie in landloop aangeteken het. Nel het ook die beste dogters fietsry prestasie verower.

Lees ook: Witrivier se hoogspringers gee die pas aan

Wikus van Biljon.

Vir haar prestasies in swem en hokkie is Ame Quinn as junior swemmer van die jaar en junior hokkiespeler van die jaar aangewys.

Magdaleen Terblanche is as die leerling met deursettingsvermoë op sportgebied aangewys en Luan Lubbe as die mees veelsydige speler.

Cameron Chetty is as die skaakspeler van die jaar erken en Naki Fakude het die beste seunsprestasie vir atletiek verower. Simone de Beer en Terblanche de Kock is onderskeidelik aangewys as senior swemmers van die jaar.

Lees ook: Witrivier graad een en twee kry hul vlerke

Eldemarie van Zyl is die junior netbalspeler en Jordan Pretorius die junior rugbyspeler van die jaar terwyl Rhulani Mathebula as die senior rugbyspeler van die jaar aangewys is.

Tiaan Swart is die junior hokkiespeler van die jaar en Lohan Pelser het die beste prestasie vir fietsry verower. Basani Nxumalo is as die mees belowende sokkerspeler van die jaar aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button