Nellies se sportdogter van 2017 was geen verrassing
Dit was geen verrassing dat Laerskool Nelspruit se Anje Nel as die sportdogter van die jaar aangewys is nie.
Anje is ook as Nellies se atletiekster van die jaar aangewys.
Die 13-jarige het haar rekordhoogte van 1,60 meter wat sy by die Obaro Interlaerbyeenkoms opgestel het, by die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe verbeter. Sy het daar haar opmars in die item voortgesit toe sy ‘n silwermedalje verower het met ‘n hoogte van 1,63 meter.
Anje was ook op die netbalbaan in aksie en het in hokkie uitgeblink.
Johvan de Lange, Drikus Greef en Luann Strauss is as kandidate vir die sportseun van die jaar benoem. Dit was egter, Johvan (13) wat na die verhoog toe uitgeroep is om dié trofee te ontvang.

Hy is vir ‘n rits prestasies met die toekenning beloon.
Johvan het nog elke jaar vir sy skool rugby gespeel en in gr. 5 het hy Nellies by ‘n sewestoernooi verteenwoordig. Hy het drie agtereenvolgende seisoene aan die interhuisswemgala deelgeneem en het sy plek in die o/10A-krieketspan volgestaan.
In 2014, 2015, 2016 en 2017 het hy aan die Mpumalanga Landloopkampioenskappe deelgeneem. Hy het ook elke jaar sy provinsie by die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe verteenwoordig.

Nóg toekennings
Atletiek
• Vaughn van Zyl en Anje Nel
Tennis
• Paul Harley en Arili Boshoff
Netbal
• Larise Combrinck
Rugby
• Drikus Greeff
Sewes
• Drikus Greeff
Hokkie
• Luann Strauss en Lani Swart
Landloop
• Wihan Lambrechts en Tanya Pieterse
Swem
• Braam Basson en Jodi dos Santos
Skaak (sal na afloop van die Suid-Afrikaanse kampioenskappe bepaal word)
• Lila van der Spuy, Willie Wessels en Eugene Lourens is vir die Ehlanzeni-span wat aan die SA’s gaan deelneem, gekies
Krieket (onderstaande leerders verteenwoordig die Mpumalanga Titans oor die Desembervakansie)
• Vaughn van Zyl, Nathan Duncan en Theuns Meyer
Veelsydigste atleet van die jaar
• Shanese de Clerck.

Foto’s: Johan Orton

