Local sportSport

Pumas toon duidelike verbetering sedert 2016

Die Steval Pumas het 'n besonder suksesvolle seisoen agter die rug. 

Sedert die voormalige OP Kings- en Boland-afrigter, Brent Janse van Rensburg verlede jaar November by die Pumas aangesluit het, het die span aansienlik beter in vanjaar se Curriebeker gevaar.

Verlede jaar kon die span slegs een Curriebekerstryd, teen die OP Kings, wen. Die kragmeting was op 30 September in Nelson Mandelabaai-stadion met die eindtelling 38-30 in die Pumas se guns.

Die Pumas het in 2017 in die Curriebeker Premierliga, vier wedstryde teen onderskeidelik die Xerox Goue Leeus (in die eerste wedstryd), Vodacom Blou Bulle, DHL Westelike Provinsie en die Tafel Lager Griekwas gewen. Die drie wat hulle verloor het, was met minder as drie punte.

As jy dié drie wedstryde, teen onderskeidelik die Leeus, Toyota Vrystaat Cheetahs en die Cell C Sharks, met verlede jaar se tellings vergelyk, kan daar gesê word dat Janse van Rensburg ‘n beduidende rol in die Pumas se 2017-seisoen gespeel het.

Soos sake nou staan, het Janse van Rensburg oorgenoeg voorspelers in sy spens, maar daar is ‘n groot tekort aan spelers in die agterlyn. Kobus Marais is die enigste losskakel wat op die lys vir die 2018-groep aangedui is. Justin van Staden is as heelagter saam met Gerrit Smit genoem, maar Van Staden het ook ‘n reuseskopvoet aan hom en kan ook pale toe korrel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button