Local sportSport

Klub vier fees om 50ste bestaansjaar af te sluit

Malelane Rugbyklub het Vrydagaand hulle 50ste bestaansjaar amptelik met 'n jaareindfunksie by die klubhuis afgesluit.

Spelers, ondersteuners en die bestuur van Malelane Rugbyklub het Vrydagaan saamgekuier en weggelê aan die heerlike happies en geregte van die nuwe Windpomp Kombuis, wat onlangs die bestuur van die klub se kombuis oorgeneem het.

Die klubbestuur vir 2018 is aangekondig, met Pieter van Zyl as erepresident, Georg Muller as president, Willem Barnard as voorsitter en Shayne Adcock as ondervoorsitter. Martin Botha is direkteur van rugby, Arno Hoffman is klubbestuurder en George Veldsman is fasiliteitsbestuurder.

Die klub se ondersteuners en borge is hartlik bedank vir hulle bydraes die afgelope jaar.

Malelane Rugbyklub is in Februarie 1967 gestig en het ‘n halfeeu van rugby in Maart met ‘n baie suksesvolle toernooi afgeskop. Spanne van verskeie provinsies, die Pumas en SA Legendes het vir ‘n aksiebelaaide naweek gesorg.

LEES: Club’s 50th celebrations start off with action-packed rugby weekend

Die Olifante het die seisoen daarna met volle vaart betree. Die eerste span het derde in die Ehlanzeni Burgemeestersliga geëindig en die tweede span, vierde in die Reserweliga.

‘n Hele paar trofeë is oorhandig, onder meer

• Meeste drieë tydens die seisoen:

Ntombisi Nkambule (junior) en Surprise Zulu (senior)

• Beste duikslag:

Ryno Koekemoer (junior) en Frans van der Merwe (senior)

• Botha-trofee vir die veelsydigste speler:

Hentie Nortjé

• Voorspeler van die jaar:

Dylan Veldsman (junior) en Stefan Smit (senior)

• Agterspeler van die jaar:

Jeandré Kruger (junior) en Chris Grobler (senior)

• Spelers se speler van die jaar:

Louis Wolmarans (tweede span) en Stefan Smit (eerste span)

• Afrigters se speler van die jaar:

Veli Ngwamba (tweede span) en Arno Hoffman (eerste span)

• Klubspeler van die jaar:

Ideon van der Merwe.

Die klub is tevrede met hulle afrigtingspan vir volgende jaar en sien uit na ‘n goeie jaar. Oefening begin weer in Januarie en belangstellendes is welkom om aan te sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button