Local sportSport

EKSKLUSIEF: Stonehouse terug waar hy hoort

Mpumalanga Rugby-unie (MRU) het 21 Januarie 2015 van die voormalige hoofafrigter van die Pumas, Jimmy Stonehouse afskeid geneem.

Na drie jaar as breier by Toshiba Brave Lupus in Japan, keer hy terug na sy land, terug na die span wat hy ‘grootgemaak’ het.

Stonehouse het destyds gesê dat daar nie vir hom afrigtingsgeleenthede in Suid-Afrika is nie en daarom die skuif na Japan maak.

Hy sou alleenlik nie na Suid-Afrika terugkeer indien hy ‘n Superrugby-span kon afrig nie.

Hy begin amptelik Donderdag 1 Februarie as MRU se direkteur van rugby.

“Dié pos is ‘n trappie hoër as waar ek in 2008 by die Pumas begin het. Dit was destyds seker een van die moelikste loopbaanbesluite wat ek moes maak. Ek is en sal altyd lief bly vir my land.”

Jimmy Stonehouse.

Die Pumas sal later vanjaar by die Anglo-Welshbeker betrokke wees en daar is ook ‘n moontlikheid dat hulle aan ‘n Amerikaanse toernooi gaan deelneem.

“Die feit dat die Pumas aan internasionale reekse gaan deelneem, is een van die grootste redes waarom ek besluit het om weer by die span aan te sluit.”

Sy pos behels alles wat met rugby te doen het – die professionele span, ontwikkeling van spelers, klubrugby en talentidentifisering, maar ook die nodige terugvoer aan die unie op papier.

“Ek sal die regterhand van rugby wees en afrigters bystaan waar ek kan. Dit gaan ‘n tydjie neem om alles in plek te kry, maar ek is lus vir die uitdaging. Ek glo in my wenresep en daarby sal ek hou.”

Op die ou einde gaan dit vir hom om ‘n wenkultuur by die Pumas te skep.

Stonehouse se kontrak strek tot 31 Oktober 2020.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button