Local sportSport
Neels Smit gereed vir Afrika se stoeiers
Witrivier Stoeiklub (WSK) se Neels Smit jr. is reeds saam met die Suid-Afrikaanse stoeispan in Nigerië vir die Afrika-kampioenskappe.

Neels sal dié klub, wat sy deure in Junie 2016 oopgemaak het, se tweede stoeier wees wat sy land daar verteenwoordig. Sy jonger broer, Johny was verlede jaar in Marrakesj, Marokko in aksie waar hy ‘n silwermedalje losgestoei het.
“Ons wens jou alle sterkte toe en glo dat jy tot die beste van jou vermoë sal stoei,” het Lappies Labuschagne van WSK gesê.
Die kampioenskappe begin vandag in Port Harcourt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





