Local sportSport

Spelers vir provinsiale-toernooi gekies

Laeveld se junior tennisspanne skop hulle seisoenveldtog einde April af. 

Die proewe vir die provinsiale spanne is onlangs in Middelburg beslis. Dertien plaaslike spelers is in die Mpumalangaspan ingesluit. Die o/13’s gaan in die Interpro-toernooi in Bloemfontein meeding en die o/15’s asook die o/19’s gaan vir dieselfde kompetisie in Pretoria in aksie wees.

Soos verwag, het Arili Boshoff (die o/13’s se eerste gekeurde speler) en Lize Oosthuizen (Mpumalanga se tweede gekeurde speler) die span gehaal terwyl die Lubbes se Jovan (o/13), Eunice (o/15) en Japie (o/19) ook hul provinsie gaan verteenwoordig.

Plaaslike spelers wat vir die provinsiale span gekies is
Dogters
O/13
• Arili Boshoff
• Lize Oosthuizen
• Natasha Wales
• Lea Sebastian
O/15
• Eunice Lubbe
O/19
• Lize van Biljon
• Michelle Boshoff
• Juwayrya Asvat.

Seuns
O/13
• Jovan Lubbe
• Yusuf Asvat
O/15
• Ruben Grundling
O/19
• Japie Lubbe
• Muhammed Arabi.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button