Local sportSport

Shanese kan die rekordboeke herskryf

Shanese de Clerck se atletiek-CV bied op 'n jong ouderdom al goeie leesstof. 

Dié o/13-dogter van Laerskool Nelspruit kan môre nóg ‘n uitsonderlike prestasie byvoeg.

Sy het reeds, nie amptelik, ‘n interlaer-rekord wat 34 jaar in die boeke vasgepen was, herskryf.

Ene M. Fouché van Laerskool Laeveld het in 1984 die maatband vir o/13-dogtersverspring op 4,99 m laat lees.

Shanese het twee weke gelede by Ruimsig tydens die skole top 20, 5,07 m agter haar naam geskryf en het Saterdag by die Westvaal-byeenkoms ‘n eerste plek behaal met ‘n afstand van 5,02 m.

Sy het vroeër die seisoen reeds opspraak in die atletiekkringe gemaak toe sy tydens die AON Laerskool Nelspruit-interhuis drie rekords verbeter het. Sy is ook as die senior victrix ludorum gekroon.

Shanese het Anje Nel se hoogte in die hoogspring van 1,54 m na 1,55 m verbeter en het net-net die 5 m-merk in die verspringput gemis met ‘n afstand van 4,93 m. Die dogter het nog ‘n medalje op Ruimsig toe sy in hoogspring met ‘n rekordhoogte van 1,61 m vir ‘n goue oor die lat gevlieg het.

Shanese de Clerck.

Sy het verlede jaar tydens die Obaro Interlaer, met die victrix ludorum-trofee huis toe gegaan en is ook as die beste baanatleet gekroon.

Shanese sal tussen 12:20 en 13:10 in die verspringput in aksie wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button