Local sportSport

Callum palm twee van Whities se goue medaljes in

Soos wat verwag is, was Callum van Staden toe Saterdag Laerskool Witrivier se steratleet. 

 

Laerskool Witrivier het ses goue medaljes in die sak gesteek, twee daarvan aan Callum van Staden te danke.
Dié blitsvinnige atleet het Saterdag die titel as beste seunsatleet (o/12) vir hekkies losgeslaan en 809 ASA-punte in die sak gesteek. Hy het die 75 m-hekkiesitem in slegs 12,50 afgelê – amper ‘n volle sekonde voor Laerskool Laeveld se Ruan de Beer, die naaswenner.
Callum het homself verder op die voorgrond geplaas met nóg ‘n goue medalje en 518 punte in die 100 m-nael-lope. Hy is in 13,85 oor die wenstreep.
Vir sy aandeel in die o/12-aflosspan se wen in 45,06 is hy ook ‘n klop op die skouer verskuldig. Verder het hy ‘n tweede plek in die 150 m-hekkies en die 150 m-naellope in onderskeidelike 23,56 en 21,20 verwerf.
Die skool se o/8-aflosspan het ook vir ‘n skouspel gesorg toe hulle met Nelspruit Primary kort op hulle hakke met die louere weggestap het. Primary is slegs 0,25 sekondes na Witrivier oor die wenstreep.
Ruan Bosch (o/10) het ‘n goue medalje vir ‘n hoogte van 1,20 m ontvang. Jaque Stassen het in die o/12-verspringitem ‘n afstand van 4,63 m bereik en met die louere weggestap.
Caitlen Dehrmann kon nie die mas teen Shanese de Cleck, wat die rekord na 1,61 m verbeter het, opkom nie. Sy het nogtans ‘n noemenswaardige hoogte van 1,46 m bereik, wat haar ‘n silwermedalje en 650 ASA-punte in die sak gebring het. In die 60 m-naellope (o/7) was Mikhenzo Nyakane ‘n kortkoppie agter Nellies se Dandré Louw, met slegs 0,29 wat die twee van mekaar geskei het. Boitumelo Mateya van Primary het met ‘n naelskraapse 2 cm, vir Jordan Pretorius in die hoogspring onttroon.
Sandiswa Makau het tweede in die 800 m-langafstanditem geëindig, kort op die hakke van Bergland se André van Schalkwyk. Junior Banze was die tweede vinnigste 70 m-hekkiesatleet vir o/10. Die o/11-gewistoter Amé Quinn het 8,35 m bereik en met ‘n silwermedalje en 859 ASA-punte weggestap.

Ruan de Beer (o/12) het met ‘n naelskraapse 0,01 vir Laerskool Witrivier se steratleet Callum van Staden in die 150 m-hekkies onttroon en met goud weggstap. In die 75 m-hekkies het die geveg voortgeduur. Hier het Callum egter met die louere weggestap toe hy dié resies met ‘n oortuigende 0,22 wen.

Roland Stoltz het in die o/12-hoogspringitem ‘n hoogte van 1,36 m bereik en hiermee vir Benjamin Braack van Bergland onttroon.
Skoolhoof Theo Krüger wens Bergies se hoof, Gordon Lancaster en sy span baie geluk met die byeenkoms wat met groot sukses aangebied is. “Ons het julle gasvryheid terdeë geniet en vriendskapsbande is opnuut tussen die skole versterk.”

Lees ook: 1980’s se rekordboeke afgestof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Check Also
Close
Back to top button