Local sportSport

Randzu word ruim vir sy prestasies beloon

Spoedvraat van Laerskool Bergland, Randzu Mkabea (o/9) lyk van die oog af onstuitbaar in vanjaar se atletiekseisoen.

Randzu is die 2018 Hi-Tech Interlaer se junior victor ludorum nadat hy in albei sy items, die 60- sowel as die 80 m-naellope met ‘n goue medalje om sy nek gespog het.

Sy sege in die 80 m-naellope met ‘n tyd van 11,87 sek het hom 598 ASA-punte in die sak gebring.

Randzu het nóg ‘n eerste plek vir seuns o/9 in die 60 m in ‘n tyd van 9,09 kafgedraf – ‘n volle 846 ASA-punte werd.

Randzu en Laerskool Laeveld se Banele Sithole het mekaar deurgaans die seisoen opdraande gegee, maar op die einde van die dag was dit egter Randzu wat sy skool se vaandel laat wapper het.

Randzu Mkabea.

Bergland se kapteine, André van Schalkwyk en BenaDea Lubbe het ook briljante vertonings gelewer.

André het twee eerste plekke in onderskeidelik die 1 500 m en 800 m behaal.

Hy het laasgenoemde item in 4:58,78 voltooi. Witrivier se Sandiswa Makua het gedurig in André se nek geblaas en het die silwermedalje met ‘n tyd van 2:24,62 verower.

Bergland se kapteine, André van Schalkwyk en BenaDea Lubbe.

BenaDea se afstand van 9,12 m in die gewigstootput, het haar ‘n tweede plek besorg.

“Dankie vir al die skole wat ‘n aandeel in die dag gehad het. Ook aan die ouers wat die paviljoene volgepak het om die atlete te ondersteun. Sonder Hoërskool Bergvlam wat hul veld aan ons beskikbaar gestel het en aan ons borge, sou die dag nie moontlik gewees het nie,” het Tobie Pretorius van Bergland gesê.

Laeveld is die gasheerskool vir 2019 se interlaerbyeenkoms.

Lees ook:

1980’s se rekordboeke afgestof

Callum palm twee van Whities se goue medaljes in

Klein Banele steek die meeste aantal ASA-punte in sy sak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button