Local sportSport

Shana, Douw en Rhodé elk oor die 900-punte ryker

Die 69ste Mediclinic Nelspruit Interhoër se junior victor ludorum-trofee staan vanjaar in Hoërskool Nelspruit se voorportaal.

Van Reenen Kruger (o/15) het dié trofee omhoog gehou nadat hy rekords in die 300 m-hekkies (39,82) én die 100 m-hekkies (13,49) aan flarde gehardloop het. Hy het ‘n verdere twee medaljes tot sy versameling gevoeg vir sy tweede plek in die 400 m (56,27) en ‘n derde plek in die 200 m (24,24).

Ruan Labuschagne (o/19) is besig om sy stem in die 400 m-hekkies, 100 m en 200 m asook in die 110 m-hekkies dik te maak. Met ‘n totaal van 3 317 ABSA-punte is hy die senior victor-trofee toegeken. Hy het in elk van sy items goue medaljes losgehardloop.

Die o/15-worpekoningin, Shana Scott het haar wenkultuur in die skyfwerp en gewigstootput voortgesit.

Hoewel sy nie haar persoonlike beste afstand van 35,75 m in die skyfwerpitem gegooi het nie, het sy steeds die boontste trappie op die podium ingeneem met ‘n afstand van 34,88 m. Shana het ‘n ses jaar oue gewigstootrekord (11,81) uitgevee.

Haar afstand van 12,08 is 944 punte op die ABSA-tabel werd – die tweede meeste deur ‘n NHS-dogter op die dag. Rhodé Nel (o/15) en Douw Kruger (o/16) het ook die 900-merk oorskry. Rhodé se tyd van 25,75 sek in die 200 m-item is nou in die rekordboeke vasgepen.

‘n Tyd van 25,90 kon sedert 1985 nie verbeter word nie.

Vir sy afstand van 16,01 m in gewigstoot, het hy die trofee vir die beste senior seun in worpe verower.

NHS het hulle 53ste agtereenvolgende oorwinning behaal. Die wentotaal van 1 606 punte is gevolg deur Rob Ferreira (1 368), Lydenburg (1 129), Bergvlam (791), Penryn College (728), Lowveld High School (717) en Barberton (634).

LEES OOK:

FOTO’S: Atlete en dirigente optog by die 69ste Mediclinic Nelspruit Interhoër

FOTO’S: Interhoër 2018 – Hoërskool Nelspruit

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button