Local sportSport

Pumas sê dankie, Saterdag is die eerste toetslopie

Die Pumas kom Saterdag in die eerste van drie opwarmingswedstryde in voorbereiding op die SuperSport-uitdaagtoernooi wat middel April afskop, teen Nelspruit Rugbyklub (NRK) te staan.

Die Pumas se tweede wedstryd is op 29 Maart teen die Blou Bulle in Middelburg, waarna die Sharks XV op 7 April vir hulle op Witrivier Rugbyklub se veld wag.

Binnesenter van die Pukke, Henko Marais (24) is op pad Pumas toe. Hy sal na afloop van die Varsitybeker by die span aansluit.

“Verskeie unies het my genader, maar ek wou nog altyd vir die Pumas uitdraf. Ek sien uit om my rugbyloopbaan by hulle voort te sit,” het Marais gesê. Hy is vir twee seisoene by die Pumas geteken.

Henko Marais.

Johann “Boeta” Vermaak, ook ‘n agterspeler, het verlede week by die Pumas aangemeld.

Die bestuurspan en spelers het verlede week ‘n spanbousessie in die wildtuin gehad. Direkteur van rugby by die Pumas, Jimmy Stonehouse wil graag van die geleentheid gebruik maak om die betrokke borge te bedank.

“Dit was die perfekte geleentheid om bande met borge te smee. Dankie aan André Green (hooforganiseerder van die dag), asook Nelspruit Mark, SANParke, Wimpy Pretoriuskop, Skukuza Gholfklub, Platsak, Klub 50, Hi-Q Riverside, Vleis Paleis, Food Lover’s Market, Rooikat, Citybug en dan veral vir die gemeenskap. Dit is wonderlik om te sien hoe die gemeenskap by die Pumas betrokke wil raak. Sonder julle bydrae kan die Pumas nie voortbestaan nie.”

Saterdag se kragmeting skop om 15:00 by NRK af. Toegang beloop R20 per volwassene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button