Local sportSport

CMR verf Komati rooi, groen, pers en geel

Deelnemers aan die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Komatipoort se Colour Run was byna onherkenbaar toe hulle Saterdagoggend by die eindpunt naby die skougronde aankom.

Drawwers, stappers en selfs ‘n paar fietsryers is met groen, rooi, pers en geel verf (die kleure van die CMR-kenteken) bestook tydens die CMR se Colour Run Saterdagoggend. Deelnemers het ‘n roete van byna vyf km deur die dorp voltooi.

Plaaslike besighede en vrywilligers het die vier waterpunte beman en ook die pryse geborg.

Die begin- en eindpunt van die Colour Run was reg langs die skougronde, waar die Komatipoort Garnaal-Karnaval aan die gang was.

Sowat 93 mense het ingeskryf, met die oudste deelnemer Hester de Jager op 77 jaar en die jongste nog in ‘n stootwaentjie. De Jager het ‘n bottel vonkelwyn as geskenk ontvang.

Frederik de Waal met die oudste deelnemer, Hester de Jager (77).

‘n Hele paar deelnemers is later die dag steeds “geverf” op die skougronde bespeur, terwyl ander gaan skoon skrop het voordat hulle fees toe is.

LEES: Vierdaagse toernooi by Kambaku Gholfklub lok talle

Die Colour Run-wenners, Vernon Naudé en Hannes Aucamp, het die pretdraf vinnig klaargemaak en is toe sommer met nog verf bestook. Hulle het met ‘n biltong-geskenkpak weggestap.

Colour Run wenners Hannes Aucamp and Vernon Naude.

Die res van die deelnemers het rustig gestap of mekaar aangemoedig om te draf.

Yolanda Alcantara, Roy Robertson, Debbie Robertson, Daniel Pineda en Bruce Robertson is aangewys as die span met die snaakste uitrustings danksy hulle gekleurde pruike en rooi plastiek bees wat saam “geloop” het. Hulle het as prys ‘n ketel ontvang, wat heelwat gelag uitgelok het.

Span met die snaaksste uitrustings: Yolanda Alcantara, Roy Robertson, Debbie Robertson, Daniel Pineda en Bruce Robertson.

Daar is later die aand ook lotjies getrek en die wenners het visvang-, blyplek- en wildritpryse ontvang.

FOTO’S: CMR verf deelnemers in hul kenteken se kleure tydens Colour Run

Die CMR het besluit om die Colour Run te gebruik om fondse vir hulle maatskaplike werk in te samel en ook as deel van hulle Kinderbeskermingsweek-aktiwiteite aan te bied. Die geleentheid poog om gesinne bymekaar te bring, tyd saam te spandeer en pret te hê.

Hulle hoop om dit ‘n jaarlikse instelling tydens die Komatipoort Garnaal Karnaval te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button