Local sportSport

Gemengde welslae tydens 2018 Mozzieweek

Hoewel Hoërskool Nelspruit twee van die vier wedstryde gewen het, het Uplands erg kleigetrap.

Vir talle hoërskole van oraloor het die krieketseisoen reeds in die laaste week van die wintervakansie begin toe die agtste, en immergewilde, Mozzieweek in die Laeveld gehou is.

 
Agt spanne, waaronder die plaaslike Uplands College en Hoërskool Nelspruit, het hierdie jaar hulle staal kom wys. Skole wat kom kuier het, was Waterkloof, Centurion, Garsfontein, Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom en Rustenburg.

Tristen Parnell.

Volgens die organiseerder en krieketafrigter van NHS, Morné van der Merwe, is die doel van die week om voorseisoense wedstryde te speel en om spanne die geleentheid te gee om finale afronding en moontlike proewe te hou, voordat hulle onderskeie ligas afskop.
Die week het oudergewoonte Donderdagmiddag met die Tokkie Fourie Superover-kompetisie afgeskop waar slegs een boulbeurt die koring van die kaf moes skei. Na afloop van die poelwedstryde en halfeindstryde het NHS en Rustenburg in die eindstryd kragte gemeet, waar laasgenoemde ten einde met ‘n vyflopie-oorwinning weggestap het.

Michael Robbertze.

Oor die volgende drie dae is vol 50-beurtwedstryde gespeel en ter afsluiting het elk ‘n T20-wedstryd gespeel.
“Behalwe vir die Superover, is die res van die week vriendskaplik en is daar geen plasing of beste span nie,” het Morné gesê.
Dit was ‘n week van gemengde welslae vir NHS, wat met 30 lopies teen Garsfontein, en 110 lopies teen Potch Gim in die 50-beurtwedstryde verloor het. Teen Potch Volkies en Rustenburg kon hulle egter die mas opkom met ‘n vierpaaltjiewen teen eersgenoemde, en ‘n vyflopiewen teen laasgemoende.

 
Uplands het egter kleigetrep en kon nie daarin slaag om ‘n enkele wedstryd te wen nie. Waterkloof was die enigste onoorwonne span van die week (50 beurt en T20).

 

Lees ook: Glorie wink vir die iCollege Pumas

 

“Dit was ‘n week van goeie krieket, en spelers het die geleentheid gekry om teen top krieketskole te speel. Ons sien met groot afwagting uit na die plaaslike liga wat oor drie weke afskop,” het Van der Merwe gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button