Ligatrofee binne NRK se reik
Dit waarskynlik soos déjà-vu voel omdat hulle verlede jaar ook in die laaste ronde van die liga mekaar die stryd aangesê het.
Nelspruit Rugbyklub (NRK) het Saterdag in hul voorlaaste wedstryd van die ProTour Premierliga teen Witbank Ferros gewys dat hulle ‘n gedugte span is wat moontlik dié liga se trofee omhoog gaan hou.
NRK kom môre teen die voorlopers op die punteleer, Sasol te staan en vir albei spanne gaan dit waarskynlik soos déjà-vu voel omdat hulle verlede jaar ook in die laaste ronde van die liga mekaar die stryd aangesê het.
WATCH: Dancers ready to rock your world!
Sasol is na nege wedstryde die enigste onoorwonne span terwyl Nelspruit in drie van hulle wedstryde aan die verloorkant was. NRK het egter die afgelope naweek kleingeld van Ferros gemaak en met 43-17 gewen. Die span van Nelspruit het op ‘n asembenemende pas begin en voor die rustydfluitjie geblaas het, was hulle reeds voor met 17-5.
Skrumskakel van Ferros, Johan Badenhorst is vroeg in die kragmeting met ‘n rooikaart van die veld gestuur wat sy span se kans op ‘n oorwinning belemmer het.
NRK se Francois Koch het twee drieë in onderskeidelik die 50ste en 73ste minuut gedruk. Tjokkie van Tonder het ook ‘n vyfpunter aangeteken en was suksesvol met vyf doelskoppe deur die pale.
Die wedstryd tussen Sasol en Nelspruit skop om 15:30 op laasgenoemde se veld af.
Puntemakers
Nelspruit Rugbyklub
Drieë: Lloyd Malatji, Tjokkie van Tonder, Nic Sambo, Dylon Soderlund, Francois Koch (2), Wilmaure Louw.
Doelskoppe: Van Tonder (5).
Witbank Ferros
Drieë: Michael Chabant, Christo Nelson, Dumisani Hlangane. Doelskoppe: Nelson.
Speel komende naweek Sasol.
Laaste wedstryd voor die kwarteind.
Lees ook: Motau part of Proteas training squad
