Local sportSport

Nelspruit Rugbyklub deur na die kwarteind

As die span vanjaar se trofee omhoog wil hou, is daar egter harde werk wat vandeesweek voorlê.

Nelspruit Rugbyklub (NRK) was Saterdag die eerste span in vanjaar se ProTour Premierliga wat daarin kon slaag om vir Sasol Secunda, sonder ‘n oorwinning, huis toe te stuur.
Die telling was 25-25 in ‘n wedstryd waar die oorwinning uit die staanspoor vir die tuisspan bestem was. Maar swak beslissings en ‘n misoes wat doelskoppe betref, het die span van ‘n oorwining ontneem.
Teen rustyd het NRK duidelik die oorhand gehad in beide balhantering en gebiedsvoordeel. Maar die telbord het dit nie weerspieël nie. Hulle het sonder ‘n noemenswaardige spelpatroon, twee maal agter die doellyn gaan kuier. Sasol het slegs een drie aangeteken, maar steeds was die punteverskil slegs drie met Tjokkie van Tonder wat nie daarin kon slaag om ‘n enkele doelskop deur die pale te jaag nie.

 

Sy skopskoen het sy span in die tweede helfde verder in die steek gelaat toe nóg drie drieë, sonder enige suksesvolle doelskoppe, aangeteken is.
Met 25-20 in die guns van NRK, het hulle onverpoosd geveg om dit te behou. Maar nadat die eindfluitjie geblaas het, het Sasol vir ‘n derde maal agter die doellyn gaan kuier en sake was gelykop. Gelukkig vir NRK was dié doelskop vir die eerste keer in die wedstryd mis.
As die span vanjaar se trofee omhoog wil hou, is daar egter harde werk wat vandeesweek voorlê.
“Een skop en een verskillende beslissing kon die verskil tussen ‘n wen en gelykop gemaak het,” het klubvoorsitter, Herklaas du Preez gesê.
“Ons moes nie daardie laaste drie toegelaat het nie. Dus moet ons ons verdediging vir die volgende wedstryd opknap, en ons moet Saterdag beter opsies uitoefen,” voeg hy by.
Die bepalings vir die komende naweek se kwarteindrondes is egter nog nie bekend nie. Sasol is reeds deur na die eindstryd toe, maar Witbank, Witrivier, Middelburg en Nelspruit moet mekaar nog die stryd aansê.

Lees ook: Ligatrofee binne NRK se reik

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button