Komati stoeiers het weer die beste gees
Komatipoort Stoeiklub se jong lede het die afgelope naweek weer met 'n geestrofee en 'n paar medaljes tuisgekom.
Tien stoeiers van die Komatipoort Stoeiklub het die afgelope naweek aan die Mpumalanga Stoeivereniging (MSV) se Pumatjie- en skoletoernooie in Middelburg deelgeneem.
Hulle het by die eersgenoemde ‘n tweede plek vir gees, gedrag en voorkoms ingepalm.
Die stoeiers het al twee keer vantevore ‘n eerste plek-trofee by dié byeenkoms verwerf.
LEES: Gees en durf besorg Komati stoeiers medaljes en ‘n trofee
Jan Lourens, Ian Lourens, Liam Mans, Gerhard du Plessis, Christiaan Kok, Roux Eloff, Frikkie Eloff, Keanu Lombard, Gideon Gilliland en Wessel van Wyk het hier medaljes vir deelname verower.
Tydens die MSV Skoletoernooi, waar die stoeiers Komatipoort Akademie verteenwoordig het, het ‘n paar stoeiers medaljes in hul onderskeie gewigte verwerf.
Keanu het ‘n goud gekry, Frikkie en Wessel brons en Gideon het ‘n vierde plek behaal.
Die o/6- tot o/8-stoeiers het nie vir plekke deelgeneem nie.
Die klub bedank graag al die borge wat hulle ondersteun.
Vir enige navrae oor Komatipoort Stoeiklub, skakel die klubvoorsitter Hannes Eloff by 082-467-3580. Hier is
