Local sportSport

Wie gaan dit wees? Nelspruit of Witrivier

Met Sasol Secunda boaan die ProTour Premierliga, moet Witbank, Witrivier, Nelspruit en Middelburg komende naweek sake uitspook om te bepaal wie teen hulle in die eindstryd gaan speel. 

Witrivier kom om 15:30 teen Nelspruit in die kwart-eindronde te staan, nadat daar ‘n skommeling in die wedstrydbepalings was.

Nelspruit Rugbyklub (NRK) sou teen Middelburg te staan kom en Witbank teen Witirivier, maar om vervoerkoste te beperk, reis Witbank nou net na Middelburg, en Witrivier na Mbombela.

Na die gelykopstryd tussen Sasol en NRK, geniet laasgenoemde tuisveldvoordeel in Saterdag se kragmeting. NRK, tans tweede op die punteleer, was Saterdag die eerste span in vanjaar se liga wat daarin kon slaag om Sasol sonder ‘n oorwinning huis toe te stuur.

Die tweede spanne kom 14:00 in die halfeindronde teen mekaar te staan en die derde spanne om 12:45.

Nelspruit Rugbyklub en Witrivier vroeër vanjaar in aksie:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button