Local sportSport

Eerste vir streek en provinsie

Voormalige Suid-Afrikaanse yshokkiespeler, Alvin Steyn het in Maart die klub, Nelspruit Razorbacks gestig.

Yshokkie, die vinnigste spansport ter wêreld, is nie net ‘n eerste vir die Laeveld nie maar ook vir die provinsie.

Die Razorbacks het met twee juniors en agt seniors begin en na net vier maande bars die klub uit sy nate met meer as 40 spelers.

Genell Jacobs.

Steyn beoog om voor die einde van die jaar of vroeg volgende jaar die Nelspruit Razorbacks teen onderskeie klubs van regoor die land, in te skryf.

“Ons gesin het ‘n groot liefde vir yshokkie. Ek het op die ys grootgeword en dit is ‘n groot voorreg om die sport in die Laeveld te sien,” het hy gesê.

Skyler Steyn (5) is die jongste speler in die klub en op 58-jarige ouderdom is JP le Roux die oudste.

Nelspruit Razorbacks se oefentye by i’langa se The Ice Rink
• Seniors (16 jaar en ouer) – Maandae van 18:00 tot 19:00
• Juniors (11 tot 16 jaar) – Donderdae van 18:15 tot 19:15
• Ontwikkelingsfase (vyf tot 10 jaar) – Donderdae van 17:45 tot 18:15.

Navrae: Barbara Steyn by 084-481-4338.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button