Studente veg vir nasionale kleure
Die Wolves-akademie het Saterdag die 2018 Laeveld Tang Soo Do en Haedong Kumdo Kampioenskappe in Hoërskool Bergvlam se skoolsaal aangebied.

Die geleentheid het ook gepaard gegaan met die viering van die klub se 28ste bestaansjaar. Studente van sover as Kaapstad, Potchefstroom, Aliwal-Noord, Bloemfontein, Johannesburg en Witrivier Skopboksklub het die kampioenskappe meegemaak.
Die toernooi het ook gedien as die finale geleentheid om vir nasionale kleure te kwalifiseer vir die komende toer na Londen vir die 2018 Tang Soo Do Wêreldkampioenskappe.
Die volgende toekennings is na afloop van die toernooi gegee:
• Junior vrou van die dag: Christelle de Beer – Wolves-akademie
• Junior man: Brandon de Kock – Wolves-akademie
• Senior vrou: Jenna Little – Alchemy Dojang, Johannesburg
• Senior man: Jami Visagie – White Tigers, Bloemfontein
• Student: Danielle Belo – Wolves-akademie.
Na afloop van die verrigtinge is die nasionale asook presidentspan aangewys en die volgende lede van Wolves het amptelik hulle kleure ontvang:
Senior nasionale span
• Awie Davis – bestuurder
• Brandon Britz
• Carmolieta Vermeulen
• Chelsea Seymore
• Gerhard van Tonder
• Luke de Bruin
• Marco Belo
• Raymond Britz
• Tiaan Schwirzer.
Junior nasionale span
• Jacobus Meyer
• Roux Burger.
Presidentontwikkelingspan
• Lloyd Shigange.











