Local sportSport

Skuts hoop vir kolskote in Bloem

Die sewejarige NB Human en Felix Pohl (71) sal onderskeidelik weer die jongste en oudste skuts wees wat by die SA Sport- en Jagfederasie se nasionale baansportkampioenskappe in aksie gaan wees.

Dié twee skuts was verlede jaar ook die jongste en oudste wat saam met die span getoer het.

Om vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer, moes hulle aan ten minste drie van die federasie se baansportkompetisies tussen September 2017 en 30 Junie 2018 deelgeneem het.

Vier-en-veertig skuts van Mpumalanga Laeveld vertrek Dinsdag na die Rosestad vir die kampioenskappe wat van 9 tot 11 Augustus beslis gaan word.

Nico Human.

Die skuts gaan aan 102 afdelings deelneem. Voorsitter van Mpumalanga Laeveld, Nico Human, gaan aan 10 afdelings deelneem – die meeste waarin ‘n skut vanjaar nasionaal gaan deelneem.

“Hoewel die senuwees bietjie knaag, is die span slaggereed vir die kampioenskappe. Ons weet wat vir ons wag. Die kompetisie word jaarliks strawwer,” het Human gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button