Local sportSport

Banele moes noodgedwone uit SA-span onttrek

Stut van Hoërskool Nelspruit, Banele Mthenjane (17), moes weens 'n knaende besering uit die Suid-Afrikaanse Skolespan onttrek. 

Banele, wat Sondag saam met die groep van 30 spelers in Stellenbosch vir die AON Internasionale o/18-reeks aangekom het, het Maandag vir ‘n knieskandering gegaan.

Dié Pumas-speler van die O/18 Coca-Cola Cravenweekspan, sukkel sedert Maart met sy knieg wat hy tydens die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se ontwikkelingsoefenkamp beseer het.

“Dit is vir my baie sleg veral omdat dit my laaste jaar op skool is. Al wat ek nou sal moet doen is wag en kyk en die nodige behandeling kry om ten volle te herstel. Ek wens my spanmaats alle sterkte vir die reeks toe,” het Banele gesê.

Die KMI Airport Rhinos se Virsekerbeker-seisoen het die afgelope Saterdag tot ‘n einde gekom. Banele het nou vier maande om van sy besering te herstel voordat hy volgende jaar by die Leeus Rugby Unie aansluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button