Gholfspelers help kleuterskool putjie-vir-putjie
Spelers moes Saterdag by die Kambaku Gholfklub 'n geniepsige wind trotseer maar het Toddle Tots Kleuterskool se gholfdag steeds geniet.
Gholfspelers het Saterdag ten bate van Toddle Tots Kleuterskool in Komatipoort die dag op Kambaku se gholfbaan geniet.
Mary-Ann Steyn, die skoolhoof, het gesê dat Toddle Tots opreg dankbaar is vir elke rand wat tydens die geleentheid ingesamel is.
“Tye is moeilik en almal kry swaar, maar mense het hul harte oopgemaak vir ons skool. Baie dankie aan al die borge, asook die beste span in die dorp: ons ouers en personeel wat hard gewerk het om die dag moontlik te maak. Baie dankie ook aan die gemeenskap vir u ondersteuning. Ons het werklik ‘n besondere gemeenskap hier in Komatipoort. Ons moet mekaar meer waardeer.”
Na die gholfdag is ‘n heerlike driegangmaaltyd voorgesit en ouers en lede van die gemeenskap het ook kom saamkuier.
Uitslae
Naaste aan die penne:
• Putjie 9: Danny Cato en Dan Pearce
• Putjie 14: Theo Stronkhorst
• Putjies 7/17: Jakkals Steyn
• Langste dryfhou: Alex de Kock
• Eerste plek: Gerrie Kemp en Richard Coetsee
• Tweede plek: Harry Pretorius en Jakkals Steyn
• Derde plek: Cas Botha en Jakkals Steyn
• Vierde plek: Danny Cato en Kevin Nott.
