Local sportSport

FOTO’S: Kleingoed laat waai met wiele wat draai

"Ek's 'n mier en ek is besig, ek is baie, baie besig. Kyk hoe vinnig, vinnig loop ek heen en weer."

Nellie Miere se jaarlikse Wieledag is ‘n besondere dag in die kleuters se jaarprogram.
Dit is ‘n geleentheid vol opwinding en genot.

Kleuters het al vroeg-vroeg met die eerste aktiwiteit afgeskop. Van wielskattejag, karretjie vang, kruiwa stoot, skaatsplank ry, mini-inkopiewaentjie stoot, driewiel- en tweewielfietsresies, klikwielietjie stoot en springkasteel spring, was van die aktiwiteite waarmee die kleintjies doenig was. Die hoogtepunt van die dag was natuurlik BUSCOR se miniatuurbussie.

Die kinders is by elke aktiwiteit met roomys, lekkergoed, springmielies en skyfies bederf.

Na afloop, het elke Miertjie ‘n medalje vir deelname ontvang om hierdie heerlike dag met goeie herinneringe van pret, plesier en kindwees af te sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button