Local sportSport

FOTO’S: Seuntjies spandeer tyd saam pa’s

Rugbyspelertjies en hulle pappas het die afgelope Saterdagaand tent by Mbombela Stadion opgeslaan vir 'n Puma Kidz-wegbreeknaweek. 

Meer as 120 pappas saam met hulle kleingoed het hierdie geleentheid, wat die eerste van sy soort was, bygewoon.

Die aand het almal saam om die braaivleisvuur gesit en later malvalekkers gebraai en ‘n heerlike koppie warmsjokolade geniet.

“Die groot doel was dat die seuns en hul pa’s kwaliteittyd saam spandeer. Vandag se lewe is so gejaagd en voordat ons ons oë uitvee is die kinders groot. Die naweek was ‘n reusesukses en ons beplan om ‘n soortgelyke kamp binnekort weer te hou,” het Morné Crous van Puma Kidz gesê.

Kaptein van die iCollege Pumas, Hennie Skorbinski en van sy spanmaats, Stefan Ungerer, Reynier van Rooyen, JP Lewis en Devon Williams het die Sondag saam met die seuns en hul pa’s op die veld gekerjakker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button