Local sportSport

Hope pret by jaarlikse kaskardag

Daar is seker nie 'n beter manier om 'n heerlike sonnige dag in Mbombela se buitelug te geniet as om 'n kaskardag te hou nie.

Laerskool Nelspruit se skoolgrond was verlede week in ‘n kleurryke karnavalterrein verander met hul jaarlikse kaskarwedren wat al vir die afgelope 15 jaar suksesvol aangebied is. Saam met die verskeie wedrenne was daar ook boeresport soos sakresies, tourtrek en hoogspring, om maar net ‘n paar te noem.

Die leerlinge in hul onderskeie grade het elkeen temas verteenwoordig en allerlei bypassende uitrustings aangetrek.

Joshua de Wilde ondersteun sy span.

Voor die kaskarwedren begin het, was daar ‘n groot parade op die netbalbaan waar elke graad in hulle uitrustings met hul baniere ‘n wafferse roemlopie afgelê het.

Daarna het verskillende krete elke graad se motivering getoon.

 

Die dag word ook aangebied om die kinders ‘n bietjie uit die klasse uit te kry, en op ‘n prettige manier aktief te hou.

Terwyl sommige van die jonges dit rustig gevat het, het die meer senior deelnemers voet in die hoek gesit en hulle telkens misgis.

Dit was wel alles deel van die pret en hulle is gou weer deur die luidrugtige ondersteuning van hulle klasmaats aan die kantlyn aangemoedig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button