Local sportSport

Jaytee, Jessica – nie net NHS se mooistes nie

Hoërskool Nelspruit se mnr. en mej. NHS, Jaytee Boers en Jessica Berry het vroeër vanjaar gedurende die atletiekseisoen ook opspraak op die baan gemaak.

Jessica (o/17) sal volgende jaar ‘n groot aanspraakmaker op die atletiekbaan in die langafstande wees.

Tydens die jaarlikse Randburg-byeenkoms, waaraan agt skole deelgeneem het, het sy ‘n goue medalje in die 1 500-meter met ‘n tyd van 4:55,02 om haar nek gehang.

Sy het nog ‘n eerste plek by die Affie-uitnodigingsbyeenkoms, ook in die 1 500m (5:00,06) behaal.

Die donkerkop was verlede jaar deel van ‘n toerspan wat aan drie byeenkomse in onderskeidelik Parys, Munich en Montbrison deelgeneem het.

Hulle het ook twee Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) Diamantliga-byeenkomste as toeskouers bygewoon.

Jessica Berry.

Hoërskool Nelspruit se o/17-atleet in die 800 m, Jaytee Boers het vanjaar amok op die baan gemaak.

NHS is na afloop van die Noordvaal-silwerinterhoër wat in Maart by Pilditch beslis is, as een van die beste atletiekskole in die noorde gekroon.

Jaytee het op sy tyd in die 800 m sedert die Mediclinic Nelspruit Interhoër verbeter nadat hy die item in 1:55,83 kafgedraf het. Sy tyd by Hoërskool Rob Ferreira was 1:58,99.

Dié o/17-deelnemer was NHS se top-seunsatleet op die dag met 1 004 punte op die ABSA-tabel.

Jaytee Boers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button