Pumas gasheer vir 2017 se kampioene
Vrydagaand se Curriebekerkragmeting tussen die iCollege Pumas en DHL Westelike Provinsie op Mbombela Stadion behoort 'n groot trekpleister te wees.

Verdedigende kampioene, WP het die afgelope naweek ‘n wegholoorwinning van 32-0 teenoor die Toyota Vrystaat Cheetahs behaal.
Die Pumas het ‘n loslootjie gehad.
Hoewel die Pumas in hulle eerste wedstryd die Tafel Lager Griekwas 42-19 afgeransel het, sal Vrydagaand se wedstryd nie ‘n maklike hekkie wees nie.
Die kragmeting skop om 18:30 af.
Toegangsfooi: R100 per volwassene. Kinders tot en met 12-jarige ouderdom kry gratis toegang tot die stadion. Die fooi sluit toegang tot die Mpumalanga Skou in.
Hop-en-drop-dienste is vanaf i’langa Mall by Mercure Hotel na die stadion en terug beskikbaar (elke 30 minute). Die eerste bus vertrek 14:00.
Pumas se Curriebekerspan 2018
Heelagter – Devon Williams, Gerhard Smit
Vleuel – Ruwellyn Isbell, JP Lewis, Morné Joubert, Neil Maritz
Buitesenter – Jerome Pretorius, Barend Smit, Alwayno Visagie
Binnesenter – Hennie Skorbinski, Henko Marais, Ryan Nell
Losskakel – Chris Smith, Justin van Staden, Kobus Marais
Skrumskakel – Stefan Ungerer, Reynier van Rooyen, Abrie Griesel
Agsteman – Willie Engelbrecht, Jeandré Rudolf
Flank – Nardus van der Walt, Hilton Lobberts, Marnus Schoeman, Reuben Johannes, Brian Shabangu, Francois Kleinhans
Slot – Hugo Kloppers, Cameron Lindsay, Tazz Fuzani, Stefan Willemse, Le Roux Roets
Vaskopstut – Marné Coetzee, Louis Albertse
Haker – Frank Herne, Simon Westraadt, Marko Janse van Rensburg
Loskopstut – De-Jay Terblanche, Khwezi Mona, Morgan Naude, Andrew Beerwinkel.

