Protea maak plaaslike spelers touwys
Lenige doel van die Proteas, Lenize Potgieter het die afgelope naweek 'n netbalkliniek vir van die Laeveld se mees belowende jong spelers kom aanbied.
Laerskool Nelspruit se Mické Botes, een van Suid-Afrika se mees opwindende dansers, is gereeld in Pretoria vir addisionele netbalafrigting, waaronder andere Potgieter by betrokke is.
‘n Groepie plaaslike spelers het vir Potgieter gevra of sy nie Laeveld toe wil kom om haar kennis en vaardighede met hulle te deel nie.
Sy het ingestem.

Sy het die basiese beginsels van ‘n doel bespreek en die spelers met doelaksies gehelp en ook tyd aan hulle afronding in die sirkel gegee.
Nellies se Siya Sambo, wat vanjaar vir die o/12 se provinsiale span opgedraf het, en Telieze wat deel van Nellies se o/12’s wat ‘n derde plek by Mussa’s verower het, was van die spelers wat Potgieter se Shooting for the Stars-kliniek bygewoon het.

Potgieter is eersdaags op pad na Nieu-Seeland waar sy vir die Southern Steels in die ANZ-premierkampioenskappe in aksie sal wees.
Die Proteas trek vroeg in Januarie saam ter voorbereiding vir die Quad-reeks teen Engeland, Nieu-Seeland en Australië.

