Local sportSport

Drie van Nellies se spanne in eindstryd

Laerskool Nelspruit het drie krieket-spanne wat tot die eindstryd van die Mpumalanga Superliga deurgedring het. 

Dit nadat die o/11-, o/12- en o/13-spanne verlede week in die halfeindstryd in Secunda met Goedehoop afgereken het.

Dié Nellies wat as die Ehlanzeni/Laeveld-wenners vir 2018 aangewys is, kom later in die week in die eindstryd teen onderskeidelik Kruinpark, Klipfontein en Kanonkop te staan.

Verlede jaar was Nellies die eerste skool in die geskiedenis wat al vier die Mpumalanga Superliga se ouderdomsgroepe gewen het. Die o/10’s het net-net in die halfeindstryd vasgeval.

Dié spanne wat die week in die eindstryd in aksie sal wees, is die verdedigende kampioene van die gesogte trofee en gaan beslis nie maklik van hul titels wil afstand doen nie.

Nellies se o/13’s meet Donderdag teen Kanonkop op eersgenoemde se tuisveld kragte.

• Nelspruit Primary se o/10’s het in die halfeind teen Goedehoop in die laaste boulbeurt ongelukkig die knie moes buig.

So het die spanne gespeel
• O/11 – wen met ses paaltjies
• O/12 – wen met sewe paaltjies
• O/13 – klop die manne van Goedehoop met vier paaltjies.

Die eindstryde word soos volg beslis
• O/11 – Nellies vs. Kruinpark in Secunda
• O/12 – Nellies vs Klipfontein in Witbank
• O/13 – Nellies vs Kanonkop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button