INTERLAER: Hier is die volledige itemlys
Verrigtinge skop reeds douvoordag af, en Hugo meen dat 06:30 'n goeie tyd sal wees om plekke in te neem, waar 'n groot verrassing wag.

Die opwinding is tasbaar en die atlete sien gretig uit na die 37ste Hi-Tech-interlaerbyeenkoms wat Saterdag by Hoërskool Bergvlam plaasvind.
Die gasheer, Laerskool Laeveld beloof ‘n glansgeleentheid waar atlete van sewe laerskole: hulleself, Bergland, Barberton, Nelspruit, Nelspruit Primary, Lydenburg en Witrivier die toeskouers met goeie atletiek sal vermaak.
Organiseerder JP Hugo van Laerskool Laeveld sê dit is vir hulle ‘n groot eer om gasheer vir al die laerskole van die streek
te wees.
Kaartjies is vooraf by al die skole beskikbaar en kan ook Saterdag by die hekke gekoop word.
Toegang vir toeskouers beloop R20 per volwassene en R10 vir skoliere. Kinders onder vyf jaar geniet gratis toegang.
Verrigtinge skop reeds douvoordag af, en Hugo meen dat 06:30 ‘n goeie tyd sal wees om plekke in te neem, waar ‘n groot verrassing wag.

Lees ook: New leader at Leopard Creek
