Local sportSport

ISG Pumas pak môre die Valke

Hoofafrigter Jimmy Stonehouse het heelwat veranderinge aan Saterdag se span aangebring.

Die ISG Pumas kom Saterdag in hulle tweede kragmeting van die Supersport Rugby-uitdaging teen die Valke op Bosman Stadium in Brakpan te staan.

ISG Pumas off to a winning start

Ngoni Chidome, wat verlede naweek in die Pumas se sege teen die Vodacom Blue Bulls sy debuut gemaak het, word vervang deur die 20-jarige Morgan Naudé.

Phumzile Maqondwana vervang vir Carel du Preez en sal sy buiging op nommer 7-flank maak terwyl Jeandré Rudolph op 6-flank sal begin, as gevolg van Francois Kleinhans wat weens mediese redes nie vir Saterdag oorweeg is nie.

Die nommer 16-trui sal deur HP van Schoor gedra word, nadat Corniel Els ‘n geringe skouerbesering opgedoen het. Marius van Rensburg, die ISG Pumas se spanbestuurder, sê egter dat Els gou weer sy plek in die span sal inneem.
Marco Palvie begin Saterdag as plaasvervanger en Cameron Lindsay word deur Stefan Willemse vervang. Ettienne Taljaard vervang vir Morné Joubert.

Hier is die span wat Saterdag sal begin:

1. Morgan Naude
3. Marné Coetsee.
4. Tazz Fuzani
5. Hugo Kloppers
6. Jeandré Rudolph
7. Phumzile Maqondwana
8. Willie Engelbrecht
9. Reynier van Rooyen
10. Chris Smith
11. Ettienne Taljaard
12. Ryan Nell (kaptein)
13. Alwayno Visagie.
14. Neil Maritz
15. Devon Williams.

Plaasvervangers:
16. HP van Schoor
17. Andrew Beerwinkel
18. Stefan Willemse
19. Marco Palvie
20. Ginter Smuts
21. Kobus Marais
22. Ruwellyn Isbell.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Check Also
Close
Back to top button