Komati-stoeiers kry medaljes by stoeifees
Dertien stoeiers van Komati Stoeiklub het verlede Saterdag aan die jaarlikse Schoemanskloof Stoeifees deelgeneem en elk ‘n medalje ingepalm.
Die jong stoeiers van Komatipoort Stoeiklub het verlede Saterdag met dertien medaljes van die Schoemanskloof Stoeifees teruggekeer.
Van die ouers het reeds die vorige nag met karavane en tente by die perseel gekamp.
‘n Oefenkamp is vanaf 18:00 tot 20:00 aangebied, waarna stoeiers, vriende en familie saam aan spitgebraaide vleis en bykosse gesmul het.
Die stoeiers se prestasies in hul onderskeie gewigte was:
Goud:
• Meyer Lourens
• Ian Lourens
• Roux Eloff
• Tom Bakker
• Wessel van Wyk
• Gideon Gilliland
Silwer:
• Barend de Beer
• Gerhard Basson
• Regardt Enslin
• Gerhard du Plessis
• Jayden Enslin
Brons:
• Christiaan Kok
• Frikkie Eloff.
LEES: Komati stoeiers het weer die beste gees
Basjan Kok het ook die trofee vir die beste afrigter van die dag ontvang. Die klub bedank al hulle borge hartlik vir hul ondersteuning.
Vir enige navrae, skakel klubvoorsitter Dirk Gilliland by 082-804-1561.
