Skopboksers wys hul slag in Oudtshoorn
Skopboksers uit Witrivier en Mbombela het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Skopboksvereniging se nasionale kampioenskap op Oudtshoorn deelgeneem.

Die Mpumalanga-span is reeds aan die einde van 2018 gekies en die plaaslike deelnemers het in die “semi-” (S), “light-” (L), “kick light-” (KL) en “full contact-” (F) kategorieë hul staal gewys. Zelrie Viljoen, Cladine van Emmenes, Judy Landman, Halanze van Emmenes, Alicia de Wet, Marcel Lindeque, Jurgens Hattingh, Zander Viljoen, Anton Hattingh, Bruce Tonkin en Eugene Landman het deel van die span uitgemaak.

Die toernooi het vanaf 26 tot 28 April plaasgevind en ongeveer 400 deelnemers uit 15 streke het deelgeneem. Mpumalanga het baie goed presteer. Mbombela en Witrivier se span het vier eerste plekke behaal, met Anton, Alicia en Cladine as Suid-Afrikaanse kampioene. Daarop het ses tweede plekke en agt derde plekke gevolg.
ALSO READ: PHOTOS:Mpumalanga Construction Golf Day 2019

Die kategorieë word soos volg omskryf:
• S (semi contact) is waar punte toegeken word, byna soos in tradisionele karate. Sodra ‘n punt aangeteken word, stop die skeidsregter die geveg, ken die punt toe en laat dan die geveg voortgaan. L (light contact) behels ‘n aaneenlopende geveg wat nie vir punte toekenning onderbreek word nie, die punte word aan die einde van ‘n geveg bymekaar getel om die wenner te bepaal. Al die houe en skoppe moet bo die gordel wees.

• KL (kick-light) is dieselfde as (L) met die verskil dat die bobene (tussen die heup en die knie) ook geteiken mag word. F (full contact) is ook dieselfde as (L) maar elke skop en hou moet met 100 % krag, spoed en tegniek uitgevoer word. Hierdie kategorie word in ‘n bokskryt uitgevoer. Juniors veg drie rondes van een minuut 30 sekondes elk.

• S, L en KL behels twee rondes van een minuut en 30 sekondes per geveg en twee minute per ronde vir senior deelnemers.
ALSO READ: Mpumalanga Construction Golf Day exceed all expectations
