Local sportSport

Kleingoed met groot talent Laeveld se pretdag

Vyf laerskole, naamlik Laeveld, Barberton, Clivia, Curro en Curro Meridian het mekaar die stryd op die netbal- en rugbyvelde aangesê.

Laerskool Laeveld het verlede week ouers se harte laat oorloop van trots tydens die gewilde Nel Trophies Mini-rugby-en-netbaldag.

Vyf laerskole, naamlik Laeveld, Barberton, Clivia, Curro en Curro Meridian het mekaar die stryd op die netbal- en rugbyvelde aangesê.

Nellies maak opslae tydens eerste ronde van ATKV Redenaars

Volgens Sonja Holtzhausen, Laeveld se skakelbeampte is elke wedstryd gespeel met die doel om die liefde vir die sport te bevorder. Daar word dus geen wenners aangekondig nie. Geen kontak word toegelaat nie en die reëls is só aangepas dat geen beserings opgedoen word nie.

NGA-gimnaste pluk vrugte van harde werk

Elke span het vier wedstryde gespeel op die velde en die bane wat die kleintjies kon akkommodeer. “Ons het hope talent raakgesien tydens die ontwikkelingsdag.”

Elke speler het na die tyd ‘n sertifikaat en ‘n pakkie met koeldrank en lekkers as beloning vir hulle harde werk ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button