Laeveld se bestes takel die Hoëvelders
Plaaslike skole wat die halfeindstryde gehaal het, was laerskole Nelspruit, Witrivier, Numbi, Lydenburg, Komatipoort, Malelane, Clivia en Bergland.

Die room van die Ehlanzeni-streek se rugbyseuns het onlangs in die Pumas-halfeindronde in Witrivier kragte gemeet.
Nellies maak opslae tydens eerste ronde van ATKV Redenaars
Twee van die beste spanne in elke ouderdomsgroep in die Laeveld, het die beste twee spanne van die Hoëveld die stryd aangesê. Plaaslike skole wat die halfeindstryde gehaal het, was laerskole Nelspruit, Witrivier, Numbi, Lydenburg, Komatipoort, Malelane, Clivia en Bergland. Hulle het teen skole van regoor die provinsie deelgeneem.
Slegs Nelspruit en Lydenburg kon die mas opkom en wys vandag hulle staal by Laerskool Ligbron. Nellies se o/9’s het maklik met die seuns van JJ van der Merwe afgereken en sal vandag vir Middelburg die stryd aansê.
Gegewe die byeenkoms se reëls het Nelspruit se o/12’s deurgedring nadat hulle 12-12 gelykop met JJ van der Merwe gespeel het.
Penryn pupils go barefoot for needy
Hulle plek in die eindstryd is verseker nadat hulle laaste in die wedstryd, agter die doellyn gaan kuier het. Hulle kom dus teen Goedehoop te staan.
Lydenburg se eerste span, die enigste ander span wat deurgedring het, het Kruinpark kafgedraf en sal ook teen laasgenoemde kragte meet. Die mediumskole-halfeindronde vind Saterdag by Penryn plaas en die grootskole-halfeindrondes word môre gehou.
