Nellies se o/9’s bring die beker huis toe
"Nelspruit se veggees tot op die laaste oomblik, was onbeskryflik."
Laerskool Nelspruit se kookwater-o/9-rugbyspan is die provinsie se beste.
Dit nadat die span in die eindstryd van die Pumas se Grootskole-kampioenskappe, teen JJ van der Merwe van Ermelo in ‘n riller van ‘n wedstryd met 24-22 koning gekraai het. Dit was die span se 17de wedstryd van die seisoen waarin hulle slegs een vriendskaplike kragmeting verloor het. Hulle het slegs 64 punte afgestaan en ‘n allemintige 441 aangeteken.
Laeveld se bestes takel die Hoëvelders
JJ van der Merwe het eerste onder die pale gaan kuier en die Nellies onmiddellik onder druk geplaas. Hoewel Nelspruit gebiedsvoordeel en balbesit geniet het, het hul aanvanklik gesukkel om af te rond.
Kort voor rustyd en ná talle poging het Nellies ‘n deurbraak gemaak met punte op die telbord wat vinning deur JJ van der Merwe beantwoord is.
Tot in die doodnsikke van die wedstryd het die span van Ermelo die hef in die hand gehad, met Nellies wat onverpoos deur die gaping probeer breek het.
Namibia surrenders 16 tries against ISG Pumas
JJ van der Merwe het heel moontlik, oomblikke voor die eindfluitjie, die wedstryd weggegooi. ‘n Aanslaan deur Nellies en omgekeerde besit het gelei tot ‘n doellose skop reg in die hande van Nelspruit se Jamie Doncaster.
Net daar besluit hy dat hulle nie sonder ‘n beker huis toe gaan nie. In ‘n praglopie van byna 50 meter stamp hy drie manne af en gaan druk ‘n drie reg onder die pale. Cayden Green kon toe sonder moeite die bal tussen die pale deurstuur en die wedstryd vir sy span beklink.

“Nelspruit se veggees tot op die laaste oomblik, was onbeskryflik,” het JJ van der Merwe se afrigter, Pieter Lee gesê.
Foto’s deur Wayne van der Walt – Hoëvelder
