Sterre van die toekoms maak hier hulle buiging
Twaalf laerskole, naamlik Nellies, Nelspruit Primary, Malelane, Barberton, Clivia, Witrivier, Sabie, Komatipoort, Laeveld, Curro, St Peter's, Kwetternes, Toddle Tots en Laerskool Lydenburg het mekaar die stryd aangesê.

Vir die 22ste agtereenvolgende jaar het Laerskool Nelspruit se sportterrein tydens die LVM Krokodilletjie en Krokonelletjie Rugby/Netbal Ontwikkelingsdag gewemel van talent.
Ouers se harte het oudergewoonte oorgeloop van trots toe die jongspan van verskeie Laeveldse skole hulle slag op die
netbalbane en rugbyvelde gewys het.
LEES OOK: Nellies se o/9’s bring die beker huis toe
Twaalf laerskole, naamlik Nellies, Nelspruit Primary, Malelane, Barberton, Clivia, Witrivier, Sabie, Komatipoort, Laeveld, Curro, St Peter’s, Kwetternes, Toddle Tots en Laerskool Lydenburg het mekaar die stryd aangesê.
Volgens Johan Orton, Nellies se skakel-beampte het graad R- tot 2-leerlinge van regoor die Laeveld die dag bygewoon. “Ons het hope talent raakgesien tydens die ontwikkelingsdag. Dit is gewis die sterre van môre,” het hy gesê.
Daar word gewoonlik byna 200 wedstryde op dié dag gespeel, elk met die doel om die liefde vir albei sportsoorte te bevorder. Daar word dus geen wenner aangekondig nie. Geen kontak word toegelaat nie en die reëls is só aangepas dat geen beserings opgedoen word nie.
LEES OOK: Namibia surrenders 16 tries against ISG Pumas
Elke span het vier wedstryde gespeel op die velde en die bane wat die kleintjies kon akkommodeer.
“Ons sien daarna uit om die byeenkoms volgende jaar vir die 23ste keer aan te bied, en dit gunsteling op die Laeveldse sportkalender te hou,” het Orton afgesluit.














