Local sportSport

Oud-Laevelder palm eerste plek in by Kona Yesterman in Hawaii

Sy is beter bekend as die voormalige sjef van Summerfields Rose Retreat & Spa net buite Hazyview. Sy het later Port Elizabeth toe verhuis om haar drome daar te gaan najaag.

Natia van Heerden, ‘n oud-Laevelder het die afgelope naweek, onbepland ‘n algehele eerste plek in die Kona Ysterman 70.3 in Hawaii ingepalm.

“Ek was reeds in Kalifornië op ‘n oefenkamp, en dit is net ‘n kort vlug tot by Kona, so toe stem ek in toe my hoofborg, ZWIFT, dit voorgestel het,”

het sy vertel. Sy kwalifiseer dus vir die Wêreld-Ystermankampioenskappe wat in Oktober vanjaar in Kona gehou word.

“Ek is verheug en trots. Ek voel dat my uitslae, my plek in die Wêreldkampioenskappe regverdig,”

het sy gesê.

Die wedloop het by Hapuna-strand afgeskop. “Dit was ‘n mooi oggend, die see was redelik kalm en die water lekker warm,” het sy vertel. Sy het egter in die laaste groep van 25 tot 29 jaar begin en moes dus deur die stadiger ryers beur om voor te kom.

Min het sy geweet dat sy eerste in haar afdeling sou eindig.

LEES OOK: Help this young star on her path to the Olympics

Die fietsroete klim tot ‘n hoogte van ongeveer 900 meter bo seespieël waar die deelnemers die berugte Kona-dwarswinde moet trotseer.

“Gelukkig het die wind ná die omdraaipunt ons van agter af teen die strawwe opdraendes uitgehelp. Ek het maar net my kop laag gehou en aanhou trap. Daar was steeds redelik kruiswinde maar my fiets, Specialized Shiv was heeltemal opgewasse vir die taak,”

het sy vertel.

So opgewasse dat sy haar persoonlike beste tyd oor die 90 km aangeteken het. “Dit was ‘n ongelooflike warm dag met die hitte wat uit die vulkane gestraal het – soms het dit gevoel asof ons in ‘n oond was,” het sy gesê.

In skrille kontras met haar persoonlike beste tyd in die saal, het sy daarna die moeilikste 21 km van haar lewe gehardloop. “Daar was konstante kort bulte op die gholfbaan, met talle draaie en dik gras. Ek kon nooit behoorlik aan die gang kom nie.

Dit maak daarom die gevoel net meer wonderlik om te weet ek het goed genoeg meegeding om te kon kwalifiseer. Van hier af lê 18 weke se strawwe oefening voor,” het sy afgesluit.

Van Heerden het ook onlangs vierde onder die vrouens, tweede in haar ouderdomsgroep en eerste onder die Suid-Afrikaners in die mees uitmergelende eendagsportbyeenkomste in die land geëindig.

LEES OOK: VIDEO: Bikers’ tunnel welcomes rugby players

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button