Langasem neem elke tree om siekes te help
Dit was sy derde Comrades, wat hy in 'n rapsie meer as 10 uur en 29 minute afgelê het. Hierdie jaar het hy dit egter vir 'n heel ander doel gedoen.

Terwyl die meeste Laevelders hulle tyd vir Kuen Harrison (3) en Francois (Klippe) Marais onderskeidelik op hulle knieë deurbring, het Albert van Putten sy Sondag op die pad deurgebring. “Dis hoe ‘n demokratiese SA moet lyk,” het hy vertel van sy ervaring.
Kuen’s courage can’t be broken
Dit was sy derde Comrades, wat hy in ‘n rapsie meer as 10 uur en 29 minute afgelê het. Hierdie jaar het hy dit egter vir ‘n heel ander doel gedoen.
“En wat ‘n groot voorreg was dit nie,” vertel Van Putten, Nelspruit Primary se sportorganiseerser vir die laaste 18 jaar. Klein Kuen is sowat vyf maande gelede met ‘n hoë-risiko neuroblastoma gediagnoseer. Kuen se pa Simon was destyds hoofseun van Nelspruit Primary. Francois, ‘n jarelange kollega en vriend, is die afgelope ses maande deur rektale kanker lamgelê. Hierdie twee gevalle lê dus vir Albert na aan die hart.
PHOTOS AND RESULTS: Manda, Moris the best among local Comrades athletes
“My hoofdoel was om bewusmaking te skep vir Kuen se skaars siekte, maar ook om geld in te samel vir my vriend Klippie vir ‘n gemaklike stoel van ongeveer R8 000,” het hy gesê. “Skenkings is wel al ontvang, en Johan en Charl Breytendach van Rooikat Bottelstoor het vir hom en sy vriende ‘n naweek weg moontlik gemaak.”
Vir meer inligting, skakel vir Albert by 082-933-8703.

