Local sportSport

Nuwe boksklub plant ‘n uitklophou

Nie net bied dié klub jou die geleentheid om van jou daaglikse frustrasies met 'n opstopper ontslae te raak en fiks te bly nie, maar om die nodige taktiek soos aangebied deur professionele boksers aan te leer, om ook die kryt te kan betree.

Gemeenskapsport is maar een van die maniere om waarde toe te voeg tot die samelewing, maar ‘n boksklub in Mbombela is besig om alle verwagtinge te oortref.

Lawrence Baird en Dave van Tonder het duidelik ‘n uitklophou geplant met die stigting van hul boksklub. Nelspruit Boksklub is nou maar in die derde maand van sy bestaan, maar spog reeds met 40 ywerige lede.

Nie net bied dié klub jou die geleentheid om van jou daaglikse frustrasies met ‘n opstopper ontslae te raak en fiks te bly nie, maar om die nodige taktiek soos aangebied deur professionele boksers aan te leer, om ook die kryt te kan betree.

Reuseterugslag vir Pumas voor Curriebeker

Nelspruit Boksklub is in goeie hande met Baird en Van Tonder aan stuur van sake. Beide het ‘n voorliefde vir boks en Baird het al self aan 23 amateurgevegte deelgeneem waarvan hy slegs een verloor het – 11 hiervan is met ‘n uitklophou verower. Van Tonder, oorspronklik van Vanderbijlpark, het al sy land op vele fronte verteenwoordig en ook sy staal by die SA kampioenskappe gewys.

“Ons glo in selfontwikkeling, en boks verg baie konsetrasie wat onder meer fokus, fiksheid en deursettingsvermoë ontwikkel. Die goed-ingerigte klub by die weermag-gimnasium langs Citybug beskik oor die fasiliteite om nie net fisiese, maar ook geestelike ontwikkeling te bevorder. As kontaksport bied boks baie voordele wat ander sporte nie kan nie.”

Die klub het ongeveer ‘n jaar gelede begin ontwikkel toe Baird privaat saam met ‘n paar vriende begin oefen het. Later het hulle besluit dat die behoefte groot genoeg is om ‘n klub te regverdig.

The Jock Classic kicks off on Saturday

“Tot op hede was daar nog geen professionele of noemenswaardige boksklubs in Mbombela nie – altans nie onlangs nie,” het hy vertel en bygevoeg dat die provinsie oor baie boksers beskik wat die klub groot hoogtes sal laat bereik. “Ons beoog om ‘n sosiale fiksheidsentrum op te bou, waar oud en jonk dit kan geniet om nie net fiks te word nie, maar hopelik ook later ‘n paar titels in te palm.

“Ons beoog om die provinsie se voorste klub te word.  Ons nooi enige belangstellendes om dit saam met ons te geniet en te sien waaroor boks gaan.”

Lowveld masters bowlers off to Ermelo

Die klub is by die Shonalonga-saal in Granietstraat 55 geleë, en oefen van Maandae tot Donderdae, 18:00 tot 19:00. Skakel gerus vir Baird by 060-734-0461 om aan te sluit. Twee aande per week sal jou slegs R350 ‘n maand kos.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button