Reuseterugslag vir Pumas voor Curriebeker
Dit is twee afsonderlike terugslae wat afrigter Jimmy Stonehouse die afgelope tyd getref het.
Die Phakisa Pumas sal Saterdag sonder twee van hul gesogte slotte moet klaarkom wanneer hulle teen die Auto & General/Xerox Lions in hulle eerste Curriebeker-kragmeting op Emirates Airline Park te staan kom.
Dit is twee afsonderlike terugslae wat afrigter Jimmy Stonehouse die afgelope tyd getref het.
Hemelbesem Hugo Kloppers, wat in 2016 sy debuut in ‘n pienk trui gemaak het, het kort nadat hy verlede maand in ‘n Super Sport-uitdaging-wedstryd teen die Namibiese Welwitchias vir Tazz Fuzani vervang het, sy been gebreek. Kloppers kan tussen twee en drie maande langs die kantlyn wees.
Namibia surrenders 16 tries against ISG Pumas
Tydens ‘n oefensessie Woensdag is die span verder gekortwiek toe die ander slot, Cameron Lindsay ‘n kniebesering opgedoen het. “Dié is ‘n ongelooflike terugslag,” het die bewoë Stonehouse gesê en verduidelik dat beide die roepmanne en sleutelspelers in die lynstane was.
“Ons hele spelpatroon, veral in die lynstane, moes heeltemal verander. Ons lynstaandrywers se opsies gaan aansienlik hierdeur beperk word.”
Gelukkig, na afloop van Kloppers se besering, waarin hy sy skeenbeen gebreek en sy kuitbeen gekraak het, het Stonehouse en sy span afrigters onverpoos voorberei, en sou die onwaarskynlike gebeur.
Pumas soldier on in their quest for the Currie Cup
Dus is Stefan Willemse, wat in 2017 by die Pumas aangesluit het, gerat om as slot sy buiging te maak. Nadat Le Roux Roets se kontrak by die Waratahs beëindig is, is hy reg om weer sy plek vol te staan in die nommer vier-trui. Die 23-jarige, 135 plus-kilogram, reus van ‘n slot het in Januarie vanjaar by die Waratahs aangesluit, maar het onlangs onder raaiselagtige omstandighede, vanaf Australië teruggekeer.
“Ons is baie dankbaar om vir Roets terug in sy pienk trui te sien,” het Stonehouse vertel.
Ervare en bekwame slot Hilton Lobberts, wat ook in 2017 by die Pumas sy debuut gemaak het, sal tyd op die plaasvervangersbank deurbring en ingespan word soos benodig.
Pumas destroy Boland to book place in final
“Na ons oefenwedfstryd teen die Vodacom Blue Bulls het ons die afgelope week hard aan ons vaste fasette en skrums gewerk. Dit is vir ons uiters belangrik om minder strafskoppe by die afbreekpunte af te staan,” het Stonehouse, wat vandeesweek ook sy stem dik gemaak het oor die span se verdediging, gesê.
Stonehouse en sy span is dit eens dat die Pumas gaan moet uithaal en wys die seisoen. “Al verloor die groter unies hulle spelers vir die Springbokke, is hulle diepte van so ‘n aard dat hulle nog steeds ‘n sterk span bly.
Die Leeus byvoorbeeld is vyf spelers kort van ‘n volsterkte Super 15-span. Ons is daarom dankbaar vir spelers soos Wikus Groenewald, SA o/20-voorspeler, wat die pak voor sal verteenwoordig,” het Stonehouse afgesluit.
Die wedstryd sal om 14:45 op SuperSport 1 uitgesaai word.
