Local sportSport

Pumas kondig span vir kragmeting teen Griekwas aan

Nog 'n terugslag het die Phakisa Pumas vroeër die week getref.

‘n Titaniese stryd wag op die Phakisa Pumas wanneer hulle Vrydag in hulle tweede Curriebeker-kragmeting teen hulle aartsvyande, die Tafel Lager Griekwas in Kimberley te staan kom.

Pumas demolished by determined Griquas

Laasgenoemde het ‘n byna foutlose wedstryd in die onlangse eindstryd van die SuperSport-uitdaging uitgevoer, en met ‘n telling van 28-13 die reeks gewen.

Die Griekwas lê tans heel bo-aan die Curriebeker-punteleer nadat hulle Saterdag teen die Cell C Sharks ‘n byna wegholoorwinning van 37-13 behaal het.

Die Pumas lê tans vierde nadat die Xerox Golden Lions op hulle tuisveld, hulle kloue in die mees kritieke oomblik van die wedstryd in die Pumas ingeslaan en met ‘n eenpuntoorwinning van 38-37 weggestap het.

Nog ‘n terugslag het die Pumas die afgelope week getref. Neil Maritz, wat in 2017 by die span aangesluit het en op 13 uitdraf, het tydens ‘n oefensessie ‘n enkelbesering opgedoen en sal vir die res van die seisoen buite aksie wees.

Kaptein Ryan Nell sal dus in die nommer-13-trui uitdraf en Henko Marais vervang Maritz as binnesenter. Reynier van Rooyen, wat in 2013 by die Pumas aangesluit het, sal Saterdag in sy 100ste wedstryd speel.

Leeus behaal eenpuntoorwinning teen Pumas

Van Rooyen is die derde sleutelspeler wat weens beserings sy plek in die span kwyt is. Maar ondanks Cameron Lindsay en Hugo Kloppers wat deur beserings gekortwiek is, was die indrukwekkende Pumas honger om teen die Lions te wen, en hulle tande is gesluip om met die Griekwas af te reken – nie net vir spogregte nie, maar vir ‘n beter kans om die kwarteindronde te haal.

Dit is daarom broodnodig om hierdie wedstryd te wen. “Ons weet ons is daartoe in staat, maar daarvoor sal ons by die basiese beginsels moet bly,” sê hoofafrigter, Jimmy Stonehouse.

Hier is die span:
1. Andrew Beerwinkel
2. Marko Janse van Rensburg
3. Marne Coetzee
4. Le Roux Roets
5. Stefan Willemse
6. Jeandre Rudolph
7. Carel du Preez
8. Willie Engelbrecht
9. Reynier van Rooyen
10. Jacobus Marais
11. Etienne Taljaard
12. Henko Marais
13. Ryan Nell (c)
14. Morne Joubert
15. Devon Williams

16. Simon Westraadt
17. De-Jay Terblanche
18. Morgan Naude
19. Phumzile Maqondwana
20. Hilton Lobberts
21. Ashlon Davids
22. Chris Smith
23. Alwayno Visagie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button