Local sportSport

Nellies-afrigter by Afrikaspele

Die Afrika-spele vind elke vier jaar plaas, net 'n jaar voor die Olimpiese Spele.

‘n Span van 153 atlete en afrigters sal Suid-Afrika verteenwoordig by die jaar se Afrika-spele wat vanaf 16 tot 31 Augustus in Marokko aangebied word.

Die span sal deelneem aan 11 uit die 26 sportkodes, waarvan die meeste atletiek is, met 38 atlete gevolg deur 24 swemmers. Ander kodes wat deel uitmaak van die span is boogskiet, pluimbal, kanovaart, fietsry, judo, tafeltennis, tennis, strand-vlugbal en gewigoptel.

Die Afrika-spele vind elke vier jaar plaas, net ‘n jaar voor die Olimpiese Spele.
NHS is baie trots op DP Badenhorst (Hoërskool Nelspruit-sportspesialis: atletiek) wat dan ook een van die afrigters is wat gekies is om die SA vlag hoog te laat wapper in Marokko.

Badenhorst is geen vreemdeling in die atletiekwêreld nie en was ook al ‘n lid van die spanbestuur van die Atletiek Suid-Afrika-groep wat by die Olympic Stadium in Londen, Engeland aan die Wêreldbeker gaan deelneem het.

Plaaslik het hy ook hierdie jaar baie hoogtepunte saam met sy atlete beleef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button