Local sportSport

Virsekerbeker glip deur Vlammies se vingers

Geduld, struktuur, rotvasste verdediging en 'n bietjie geluk het die baan vir Erasmus geweg.

Hoewel Hoërskool Bergvlam se o/16-rugbyspan steeds die titel as Mpumalanga-kampioene beklee, is hul Virsekerbekerdrome Saterdag deur Hoërskool Erasmus verdamp.

Dit volg na ‘n taai medium skole-ligakwarteindronde met 44-18, in die guns van die tuisspan, Erasmus, geval het.
Bergvlam was egter vuur en vlam in die eerste helfte en sake was redelik gelykop teen rustyd, met Eramsus wat net-net met 15-13 voorgeloop het. Hier het dit gelyk of die bal dalk net in die guns van die Vlammies sou bons, met ‘n 10-0 voortou na die eerste 10 minute, nadat Shaun Brown en Zandile Shongwe elk agter die pale gekuier het.

Bergvlam kon ook daarin slaag om een strafskop deur die pale te stuur. Met die aanbreek van die tweede helfte het die tuisspan ‘n aanval geloods wat ondanks goeie verdediging moeilik gestuit kon word.

Vlammies een tree nader aan beker

‘n Tweede asem het in die tweede helfte nog ‘n drie vir Erasmus tot gevolg gehad, maar Vlammies het hulle drome lewendig gehou met ‘n drie wat die telling tot by 27-18 gebring het. Geen doelskop was egter suksesvol nie.

Geduld, struktuur, rotvasste verdediging en ‘n bietjie geluk het die baan vir Erasmus geweg vir nog 17 punte in die laaste 10 minute van die wedstryd, en Bergvlam se doppie is finaal geklink. Volgens Bergvlam se afrigter Tristan Louw, het die span op alle silinders gevuur en het Erasmus geluk gewens vir ‘n welverdiende wen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button