Kom ondersteun die Pumas in hulle laaste tuiswedstryd
Cansa en die Pumas het saamgespan om onderteuners vir Saterdag se wedstryd, te werf.
‘n Gesamentlike veldtog tussen KANSA en die Phakisa Pumas is Woensdagmiddag van stapel gestuur in ‘n poging om die Mbombela-stadion môremiddag vol te pak.
Dit sal die tuisspan se laaste Curriebekerwedstryd vir 2019 op tuisfront wees. Die span gaan soveel as moontlik Laevelders vereis om agter hulle te staan en die reeks op ‘n hoë noot af te sluit.
As deel van dié poging gaan kaartjies vanoggend by plaaslike laerskole verkoop word deur KANSA en Pumasspelers, waarna die opbrengs aan KANSA geskenk word. Donasies is ook welkom.
Laasgenoemde gaan ook Saterdag voor die afskop van die wedstryd tussen die Pumas en die Toyota Free State Cheetahs om 14:00, ondersteuners se hare pienk verf ter bewusmaking van kanker. Die gebruik van baniere word aangemoedig en die skool met die meeste verteenwoordiging staan ‘n kans om met ‘n prys ter waarde van R1000 weg te stap.
Adlem is onlangs met Ewing se sarkoom gediagnoseer, en was verheug toe hy die trui oor sy kop kon trek.
Kaartjies sal by die kaartjiekantoor of by Computicket teen R50 vir volwassenes en R10 vir kinders beskikbaar wees. Die wedstryd begin 14:00

