Local sportSport

Byna 2000 takel halfmarathon tussen die diere

Vanjaar het 'n allemintige 1 900 mense vir die resies ingeskryf.

Sedert sy bestaan in 1988, het die Skukuza Halfmarathon een van die mees gesogte wedlope in SA geword.

Vanjaar was geen uitsondering nie, toe ‘n allemintige 1 900 mense vir die resies ingeskryf het.

Die atlete wat van regoor die hele land aangeklop het, het vanaf die Skukuza-krieketveld weggespring en weer daar die eindpunt gehaal. Heelwat Laevelders, sowel as lede van die gasheerklub self, het die uitdagende wedloop aangedurf.

Eerste oor die wenstreep was Abednico Mashaba van Born to Win, met ‘n tyd van 1:08:34. Kort op sy hakke was twee Laeveldse atlete, Mothatepula Mothosola van Run/Walk for Life Nelspruit en Samuel Mathabatha van Nelspruit Marathonklub.

Ntutuko Maseko was die eerste mansveteraan (40-49) oor die wenstreep.

In die kategorie vir mans tussen 60 en 69 was Paul Blaken en Tewie Maree van Nelspruit Marathonklub onderskeidelik derde en vyfde.

Die senior vroue-afdeling is deur Marelise Retief in 1:24:32 gewen. Laeveldse atleet, Melissa Goetze van Nelspruit Marathonklub was tweede in die junior vroueafdeling.

Onder die veterane (40-49) het Sibongile Mlombo van Legogote Villagers vierde geëindig, terwyl Maryna Steinmann van Hoedspruit Marathonklub tweede onder die vroue tussen 60-69 was.

Aanlyninskrywings vir volgende jaar is direk na die wedloop oopgestel. Besoek www.krugerparkmc.co.za/online-registration/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button